Update
DYSSELSDORP NUUS - Die verdagte wat van moord op 'n jong man van Dysselsdorp aangekla word, het aanvanklik nie om borgtog aansoek gedoen nie, maar het van plan verander.
Christopher Prins (27) word daarvan aangekla dat hy na bewering die oggend van 4 Mei die 20-jarige Ruwaan (Boetie) Kennedy met 'n mes in die bors gesteek het toe Kennedy saam met vriende van 'n kuierplek onderweg was huis toe.
Die saak is later na die streekhof oorgeplaas vir verhoor waar Prins Maandag kennis gegee het dat hy nou 'n borgtogaansoek wil bring.
Inwoners van Dysselsdorp het met Prins se eerste hofverskyning in groot getalle by die hof opgedaag en 'n versoekskrif met 1 000 handtekeninge aan landdros Mia Venter oorhandig waarin gevra word dat die verdagte nie borgtog toegestaan moet word nie.
Volgens Leon Campher, gemeenskapsleier van Dysselsdorp, is 'n aansoek reeds ingedien om Maandag 14 Oktober voor die hofgebou teen die toestaan van borgtog te protesteer.
Lees vorige artikels:
- Moordsaak vir streekhofdatum uitgestel
- Moordverdagte laat vaar borgtogaansoek
- Moord ruk gemeenskap van Dysselsdorp
- Ruwaan se begrafnis Saterdag
- Jong man in Dysselsdorp vermoor
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'