Update
DYSSELSDORP NUUS - Ruwaan Kennedy, die 20-jarige man wat die afgelope naweek in Dysselsdorp vermoor is, word Saterdag begrawe.
Volgens sy oom, Adrian Otto, kom vriende en familie 10:00 by die huis in Michealstraat bymekaar en die diens begin om 11:00 by die PPK in Dysselsdorp.
Kapt. Joey Strydom, stasiebevelvoerder van die Dysselsdorp-polisiestasie, het bevestig 'n 27-jarige man is in verband met Ruwaan se moord in hegtenis geneem.
Christopher Prins het Maandag sy eerste verskyning in die Oudtshoorn-landdroshof gehad en sal weer Vrydag verskyn om regsverteenwoordiging te bekom.
Die Oudtshoorn Courant het vroeër die week berig dat Ruwaan Vrydagaand saam met vriende uitgegaan het.
'n Bakleiery het ontstaan en hy het probeer om dit te stop. Die verdagte het na bewering 'n mes uitgeruk en glo vyf keer na Ruwaan gesteek. Hy is eenkeer in sy bors gesteek en op die toneel oorlede.
Lees 'n vorige artikel: Jong man in Dysselsdorp vermoor
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Hessequa nuus'