OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ’n man van Dysselsdorp, wat van moord op die 20-jarige Ruwaan (Boetie) Kennedy aangekla word, is voorverlede Vrydag in die distrikshof vir verdere ondersoek en ’n streekhofdatum uitgestel.
Christopher Prins (27) het na bewering die oggend van 4 Mei 2019 die jong Kennedy met ‘n mes in die bors gesteek terwyl hy saam met vriende van ‘n kuierplek onderweg was huis toe. Hy is op die toneel dood verklaar.
Prins se regshulpprokureur, Cindy Smith, het die hof met sy vorige verskyning meegedeel dat hy besluit het om nie voort te gaan met sy beplande borgtogaansoek nie.
Volgens die staatsaanklaer, Thuba Nyamate, is ‘n verklaring van een van die getuies ook nog uitstaande.
Landdros Theolin November het die saak Vrydag tot 19 Julie verdaag en Prins weer ingelig dat hy enige tyd, indien hy so besluit, ‘n borgtogaansoek kan bring.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'