OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van die Smartietown-omgewing het vanoggend buitebande by die sirkel in Dassieweg aan die brand gesteek as deel van 'n protesaksie teen dienslewering.
Die Oudtshoorn-polisie monitor tans die situasie.
Motoriste word aangeraai om nie Dassieweg te gebruik nie aangesien dit afgesper is met brandende buitebande.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'