Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ontevrede gemeenskapslede van Smartie Town het vanoggend, 11 Januarie, buitebrande by die sirkel in Dassieweg aan die brand gesteek en die ingange met klippe afgesper as deel van 'n protesaksie.
Volgens die gemeenskapslede is hulle ontevrede oor werkskepping en omdat persone van ander wyke glo gister begin werk het in hul wyk (5) terwyl hulle werkloos is.
Vir die afgelope paar jaar is daar heelwat werkskeppingsprojekte in Smartie Town wat die opknapping van strate, plaveisel en die installering van waterpype onder andere insluit.
'n Groot polisie teenwoordigheid monitor tans die situasie.
'n Navraag is na die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur.
VIDEO: Inwoners van Smartie Town versper paaie (Video: Wyndham Ewerts).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’