Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen vyf verdagtes wat in Mei 2022 in hegtenis geneem is vir beweerde onwettige uitreiking van rybewyse in Prins Albert, het weer op 31 Januarie vlugtig in die Prins Albert-landdroshof verskyn.
Die saak is weer uitgestel omdat die polisie-ondersoek nog nie voltooi is nie.
Die saak sal na verwagting vir verhoor na die streekhof oorgeplaas word.
Die vyf verdagtes, Mandlenkosi Bhabhana (56), David King (57), Rodney Klassen (45), Andrew Meintjies (51) en Siyabonga Mzilikazi (32) word aangekla van die oortreding van die Padverkeerswet, bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op die voorkoming van Georganiseerde Misdaad.
Die verdagtes is 'n voormalige verkeers-hoof van Prins Albert, 'n verkeersbeampte en drie eienaars van bestuurskole in die Oos-Kaap.
Hulle het op 27 Mei verlede jaar vir die eerste keer in die hof verskyn en borgtog van R3 000 elk is toegestaan.
Die saak is al by vier geleenthede uitgestel en verlede week tot 18 April, met borgtog en borgtogvoorwaardes wat tot dan verleng is.
Vorige artikels:
- Vyf verdagtes vas vir bedrog
- 11 in Bedrogsaak verskyn in hof
- Nege persone vas vir bedrog
- Personeel by verkeersdepartement in hegtenis geneem
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Karoo nuus'