Update
LADISMITH NUUS - Dele van Ladismith het verlede Saterdag vir ’n ruk tot stilstand gekom toe hulde gebring is aan pastoor Bennet Julius en sy broerskind Marinique Hendricks wat voorverlede week in twee afsonderlike motorongelukke gesterf het.
Hulle is Saterdag vanuit die saal van die NG kerk op Ladismith begrawe.
Julius is voorverlede Donderdagoggend dood in ‘n ongeluk op die R62 tussen Calitzdorp en Oudtshoorn en Hendricks is enkele ure later dood in ‘n ongeluk tussen Riversdal en Ladismith.
Honderde mense het Saterdag die begrafnis bygewoon. Sommige van Hendricks se maats het T-hemde met haar foto gedra. Haar ma, Fiela Hendricks, is deur ’n groot aantal vriende en familie ondersteun.
Pastoor Abraham Delport, wat die diens gelei het, het tydens die diens aan die familie gesê: “Julle is vandag ’n gebroke familie, maar nie vernietig nie.” Julius se suster, dr. Lydia Julius, het van Amerika gekom om die diens by te woon en in haar toespraak gesë dat Jesus oor die familie waak.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'