Video
KLEIN KAROO NUUS EN VIDEO - 'n Man (59) het gister in 'n botsing omstreeks 11:30 op die R62 tussen Oudtshoorn en Calitzdorp gesterf.
Hy was een van 'n groepie werkers wat 'n geleentheid saam met 'n man en 'n vrou in 'n Land Rover TD5, wat vanaf Calitzdorp na Oudtshoorn onderweg was, gekry het.
Sy kleindogter van ongeveer drie jaar oud het op sy skoot gesit tydens die ongeluk, en is slegs lig beseer.
Die AMS-noodhelikopter is ontbied om 'n man wat in die voorste passasiersitplek vasgekeer was, hospitaal toe te vervoer nadat hy met meganiese kake bevry is. Die bestuurder is sover vasgestel kon word, die beseerde man se dogter.
Nog drie passasiers, wat ook werkers is, is met ernstige beserings per ambulans hospitaal toe geneem.
Die bestuurder van die voertuig was ongedeerd, maar erg geskok. Nadat die man in die helikopter gelaai is, het paramedici haar as voorsorgmaatreël ook op 'n draagbaar na 'n ambulans geneem.
Kyk 'n video hieronder:
Volgens 'n vrou wat ook in die voertuig was en net lig beseer is, was hulle 'n groep plaaswerkers wat 'n geleentheid gekry het om sake by die kantore van binnelandse sake af te handel.
"Een van die agterste bande het gebars en toe het ons gerol, dit was 'n ongeluk."
Die R62 was vir eenrigting-verkeer oopgestel en vir 'n paar minute gesluit terwyl die helikopter geland en opgestyg het.
Die identiteit van die oorledene was teen gister nog nie amptelik deur die polisie bevestig nie.
Die R62 was vir eenrigting-verkeer oopgestel en vir 'n paar minute gesluit terwyl die helikopter geland en opgestyg het.
Die AMS-noodhelikopter is ontbied om 'n man wat in die voorste passasiersitplek vasgekeer was, hospitaal toe te vervoer nadat hy met meganiese kake bevry is.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'