Update
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se twee Covid-19 pasiënte is op die herstelpad.
Charmaine Huyser en Kobus Terblanche is min of meer 'n week uitmekaar positief getoets vir Covid-19.
Huyser het slegs 'n ligte koors en lyfseer ervaar, maar is in selfisolasie in 'n gedeelte van die plaashuis waar sy en haar gesin woon. Sy het verlede week reeds gesê dat sy baie beter voel en teen gister het sy gesê sy mag nou in die huis rondbeweeg met voorsorgmaatreëls soos handskoene, 'n masker en 'n veilige afstand.
"Ek is rustig in my kamer en hou my besig en met my gesin gaan dit ook goed. Hulle het geen simptome nie."
Sy het haar waardering teenoor die gemeenskap uitgespreek vir die ondersteuning. Sy het Maandag haar vyftigste verjaarsdag gevier en sê mense het geskenke en koeke by die hek afgelaai.
"Daar is ook soveel mense wat vir ons kos gebring het in die tyd, wat ook by die hek afgelaai is.
Charmaine Huyser wat tans tuis aansterk.
Foto verskaf
Kobus Terblanche is verlede Dinsdag vanaf Oudtshoorn na die Mediclinic George oorgeplaas waar hy aan 'n ventilator gekoppel was.
Hy is egter Maandag van die ventilator afgehaal. Sy dogter, Suné Rupping, het gister gesê dit gaan baie beter met hom.
"Die dokters is baie tevrede met sy vordering en ons kon al telefonies met hom gesels," het sy gister laat weet.
Albei pasiënte sal weer getoets word.
Kobus Terblanche, 'n boer van die Middelplaas-omgewing naby De Rust, is steeds in die hospitaal, maar toon goeie verbetering. Foto verskaf
Vorige artikels:
- Geneesheer gee Covid-indrukke
- Covid-pasiënt is 'n boer van De Rust
- Covid-pasiënt toon verbetering
- Nuutste oor Oudtshoorn Covid-pasiënte
- Dr Vermeulen toets negatief vir Covid-19
- Tweede Oudtshoorn Covid-19 geval
- Eerste Oudtshoorn Covid-19 pasiënt vertel
- Dokter in self-isolasie
- Oudtshoorn het eerste Covid-19-geval
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'