Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Voormalige onderwyser van 'n vaardigheidskool op Oudtshoorn wat tereggestaan het op twee seksuele aanklagte, is in die landdroshof op albei aanklagte onskuldig bevind en ontslaan.
Die 48-jarige Eugene Hufke, wat by die skool bedank het, is daarvan aangekla dat hy tussen Julie en September 2017 'n 18-jarige leerder seksueel probeer aangerand en op 11 September 2017 wel seksueel aangerand het. Hy het skuld ontken.
Hufke se regsverteenwoordiger, adv. Stephen Lourens, het die hof vir sy vryspraak gevra vanweë die vele weersprekings in die staat se saak.
Landdros Theolin November het in sy uitspraak gesê dat geen stawing van die klaagster se weergawe voor die hof is nie en wesenlike verskille bestaan in die twee verklarings wat sy van die beweerde voorval gemaak het.
In die lig hiervan en die weersprekings van staatsgetuies moet die beskuldigde die voordeel van die twyfel gegee word.
Hufke is op albei aanklagte onskuldig bevind en ontslaan.
Lees vorige artikels:
- Saak teen onnie uitgestel
- Oud-onnie betaal nie regsman
- Oudonderwyser betas leerders
- Oudonderwyser skuldig aan seksuele aanranding
- Oud-onnie in hof na leerder kla
- Oud-onnie in hof op seksuele klagte
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'