TUINROETE | HESSEQUA NUUS - As deel van die vak landboutegnologie, vervaardig gr. 12-leerders jaarliks ‘n praktiese model wat dien as assesseringstaak.
Vanjaar se gr. 12-leerders van Hoër Landbouskool Oakdale se projekte het voorwaar getuig van deeglike beplanning en goeie vakmanskap.
Projekte het gewissel van sleepwaens, 'n kombuiseiland, koffietafels, 'n skietstoel, voedingsmodel met sonpanele en vele meer.
Almal prakties bruikbare items in die daaglikse lewe.
Christian Ackermann het 'n elektroniese voerder wat met sonpanele werk as projek ingehandig.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'