Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n man van Smartie Town op Oudtshoorn wat van moord op 'n 11-jarige kind aangekla word, is van die hofrol verwyder omdat 'n verslag van die nadoodse ondersoek steeds uitstaande is.
Brandon Fortuin (20) is daarvan aangekla dat hy in September verlede jaar Venesere Olivier met 'n klip teen die kop gegooi en sy later gesterf het.
Die Oudtshoorn Courant het berig dat Olivier saam met 'n vriendin op pad na 'n winkel toe sy in Siyabongastraat deur die klip getref is wat tydens 'n argument tussen 'n man en vrou gegooi is.
Venesere is drie dae later in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad oorlede.
Die verdediging het beswaar gemaak teen verdere uitstel, waarna landdros Theolin November die saak voorlopig van die rol verwyder het.
Fortuin is egter gewaarsku dat die saak weer teruggeplaas kan word wanneer die verslag wel beskikbaar word.
Lees vorige artikels:
- Man voor vir poging tot moord
- Meisie dood nadat klip haar teen kop tref
- Man vir moord in hegtenis geneem
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'