OUDTSHOORN NUUS - 'n 20-jarige man is vir moord in hegtenis geneem na 'n 11-jarige meisie, Venesere Olivier, met 'n klip teen haar kop getref is.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die man, Brandon Fortuin, reeds in die hof verskyn.
Visser sê dat Fortuin glo met 'n ander persoon baklei het waarna daar 'n klipgooiery ontstaan het. Die meisie is in die proses getref.
"Die voorval het op 15 September in Siyabongastraat plaasgevind. Die meisie is glo met 'n baksteen teen haar kop gegooi en is daarna hospitaal toe geneem. Sy is oorgeplaas George-hospitaal toe en van daar af Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad. Sy is op 18 September aan haar beserings dood."
Saturnus Primêre Skool, waar Venesere skool gegaan het, het die week 'n huldeblyk aan haar op Facebook gelewer waar hulle haar "as 'n baie skaam en stil dogter" beskryf.
Venesere Olivier (11).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'