OUDTSHOORN NUUS - Die man wie se liggaam gister in die kanaal gevind is, is glo nie vermoor nie. Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die man wie se identiteit nog nie deur die polisie bevestig is nie, sy kop gestamp en in die kanaal beland.
Die man se liggaam is gister deur 'n verbyganger raakgesien waarna die polisie ontbied is.
Honderde inwoners van die omgewing het rondom die kanaal vergader nadat die liggaam ontdek is en het toegekyk hoe die liggaam verwyder word.
Volgens Van Wyk is 'n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek geopen om die man se dood te ondersoek.
Vorige artikel: Liggaam in kanaal-omgewing gevind
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’