Update
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Courant het vanoggend, Woensdag 14 Junie, betroubaar verneem dat John Minnie, mede-eienaar van Bushman Curios, beswyk het aan sy beserings wat hy 13 Mei, tydens 'n ongeluk saam met sy vrou Olga voor hul besigheidsperseel in Baron van Reedestraat opgedoen het.
Minnie was die afgelope ruk in die Grootte Schuur-hospitaal weens die ernstige aard van sy beserings.
Olga het op 20 Mei beswyk aan haar beserings.
Oudtshoorn Courant wil graag sy innige meegevoel betuig aan die familie.
Vorige artikels:
- Geliefde tannie Olga beswyk aan beserings
- Olga Minnie beswyk aan beserings na ongeluk
- Bushman Curios-egpaar ernstig in ongeluk beseer
- Bushman Curios-paartjie ernstig beseer na ongeluk voor hul besigheid
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’