OUDTSHOORN NUUS - Die eienaars van Bushman Curios, Olga en John Minnie, is gisteraand, 13 Mei, tydens 'n ongeluk voor hul sakeonderneming in Baron van Reede straat ernstig beseer toe hul motor teen die van 'n Jetta gebots het.
Volgens voorlopige inligting is John oorgeplaas na Grootte Schuur - hospitaal in Kaapstad. Olga is in 'n plaaslike hospitaal opgeneem.
Dit blyk dat die insittendes van die Jetta geen beserings opgedoen het. Geen verdere inligting is in hierdie stadium bekend nie. 'n Navraag is na die polisie gestuur.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’