Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Inwoners van Oudtshoorn is volstoom aan die oefen vir die groot Jerusalema-uitdaging wat eerskomende Saterdag 26 September in Baron van Reedestraat beplan word.
Verskeie oefensessies is reeds gehou.
Saterdag was daar langs die C.P.Nel-Museum litte losgemaak asook in Bridgton.
Inwoners wat graag aan die poging om meer as 1000 mense aan Saterdag se uitdaging te laat deelneem word genooi om die oefensessies by te woon.
Die volgende sessies hierdie week is
- Dinsdag 22 Sept om 17:00 (Museum)
- Woensdag 23 September (Naby die Plate in Bridgton)
- Donderdag 24 September 14:00 Museum en 15:00 Bridgton
Vir meer inligting skakel Ingrid Noble by 071 339 6993
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel | Jerusalema: Oefensessies hierdie week
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'