OUDTSHOORN NUUS - Oudsthoorniete het nog 11 dae om te oefen vir die Oudtshoorn-Jerusalema-uitdaging.
Die volgende oefensessie vind vanmiddag vanaf 17:00 tot 18:00 plaas en dan weer Saterdag 14:00 tot 15:00.
Alle oefensessies vind op die grasperk langs die CP Nel-museum op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg plaas.
Instrukteurs van die plaaslike dansskool, Pro Academy, bied die danslesse aan.
Die groot dag is 26 September om 14:00 in Baron van Reedestraat. Die wat gaan dans kom voor die Queens Hotel bymekaar.
Ingrid Noble, organiseerder van die uitdaging sê, hulle bespreek nog die oefentye vir volgende week.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'