Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Oudtshoorn Courant het foto’s bekom van die pypbars in die ondergrondse hoofwatertoevoerkanaal vanaf die Raubenheimerdam na Oudtshoorn.
Tydens vanoggend, Woensdag 9 Mei, se spesiale raadsvergadering het die portefeuljeraadslid vir tegniese dienste, Johan Fourie, en die direkteur tegniese dienste, Chris Koch, die skoknuus bekendgemaak dat die pypbars reeds gedurende April ontdek is en twee miljoen liter water per dag daaruit loop. Die erns van die pypbars is deur Fourie en Koch beklemtoon. “Indien die pyp meegee kan die dam, wat tans 38% vol is, binne twee dae leeg loop,” het Fourie gesê.
Die ANC en Icosa het die DA se department tegniese dienste se stilswye oor die pypbars ernstig bevraagteken.
Dit sal Oudtshoorn binne 30 dae sonder water laat, met slegs die Mellville dam, wat 5% die kapasiteit water van die Raubenheimerdam kan voorsien.
Kyk 'n video hieronder:
Fourie het die raad gevra om dringend R3,5 miljoen beskikbaar te stel om ‘n nuwe pyp en kleppe binne die tonnel waarin die ou pyp is aan te lê. Intussen word water van die Mellvilledam na Oudtshoorn afgevoer.
Lees vorige berigte hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'