OUDTSHOORN NUUS - Die Raubenheimerdam is 38% vol en reeds geproklameerde waterbeperkings, sal nou streng gepolisieër word.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder by die Oudtshoorn-munisipaliteit, het Maandag 7 Mei gesê, "Met die Raubenheimerdam se watervlak op 38% en die Mellvilledam-inloop se 5% bydrae tot die watervlak, sal waterbeperkigns en droogte tariewe wat op Vrydag 20 April in koerante verskyn het, nou streng in werking tree.
Kennisgewing 91 van 2018
Kennis geskied hiermee dat waterbeperkings en droogte tariewe tot verdere kennisgewing geïmplementeer sal word, aangesien die gekombineerde watervlak van die Raubenheimerdam en Melvilledam minder as 50% is.
1. Die volgende waterbeperkings sal met onmiddellike effek geïmplementeer word:
a) Geen motors mag met ? tuinslang gewas word nie.
b) Geen geplaveide, beton of geteerde oppervlaktes en strukture mag met ? tuinslang skoongespuit word nie, behalwe by ? besigheid wat se operasies dit benodig.
c) Besproeiing van tuine word slegs toegelaat tussen 08:00 en 10:00 en tussen 16:00 en 18:00 op alternatiewe dae 3 dae per week.
d) Eiendomme met gelyke straat nommers word toegelaat om te besproei tussen bogenoemde tye op Maandae, Woensdae en Vrydae.
e) Eiendomme met ongelyke straat nommers word toegelaat om te besproei tussen bogenoemde tye op Dinsdae, Donderdae en Saterdae.
f) Kwekerye en Motorwas besighede word vrygestel van bogenoemde dae en tye, maar is steeds onderworpe aan die nood water tariewe hieronder.
g) Oortredings van bostaande water beperkings sal met ? kitsboete van R1,000-00 beboet word.
h) Besproeiing met water anders as drinkwater moet duidelik aan die straatkant van eiendomme aangedui word waar sodanige besproeiing plaasvind byvoorbeeld “BOORGAT WATER”.
2. Die water beperkings is van toepassing op alle waterverbruikers in die Groter Oudtshoorn Munisipale gebied wat De Rust en Dysselsdorp insluit.
3. Die huidige water beperkings wat reeds in werking is vir verbruikers van water uit die Klein Karoo Landelike Water Voorsiening Skema (KKLWVS) bly steeds in werking soos aangedui hieronder en is die R 1 000 kitsboete ook van toepassing op oortreders van hierdie water beperkings:
a) Die besproeiing van landbou grond, weikampe, tuine, grasperke, parke en oop ruimtes is heeltemal verbode.
b) Geen geplaveide, beton of geteerde oppervlaktes en strukture mag met ? tuinslang skoongespuit word nie, behalwe by ‘n besigheid wie se operasies dit benodig.
4. Droogte tariewe soos goedgekeur in die begroting 2017/2018 sal van toepassing wees tot dat die waterbeperkings opgehef word of totdat die strengere krisistariewe afgedwing word.
Rekeninge vir April 2018 betaalbaar voor of op 10 Mei 2018 sal steeds op die normale munisipale tariewe gehef word, en slegs die rekening vir Mei 2018 en vorentoe betaalbaar voor of op 10 Junie 2018, sal op die 2017/2018 Goedgekeurde Munisipale Waterdroogte tariewe, gehef word.
Lees 'n verwante artikel: Waterbeperkings steeds van krag
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'