Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Volkswagen Polo wat glo langs 'n silwerkleurige Honda met Voortrekkerweg langs gejaag het, het twee geparkeerde voertuie getref en op sy dak te lande gekom.
Volgens die eienaar van 'n bakkie wat eerste getref is, was hy en sy twee kinders in die voertuig toe hy motors hoor wat van agter aankom. Hy het in sy spieëltjie gekyk en gesien die Polo en die Honda is reg langs mekaar.
Die volgende oomblik het die Polo die bakkie getref, verbygejaag en 'n Fiat Uno wat voor die bakkie geparkeer was, getref.
Die Polo het omgeslaan en die Honda het glo weggery.
Volgens die man het 'n verkeersbeampte die voorval gesien en die Honda agterna gesit en voorgekeer.
Die bestuurder van die Polo is glo nie ernstig beseer nie, maar is per ambulans hospitaal toe geneem. Die eienaar van die Uno en haar seun was in die winkel toe hulle motor getref is.
Kyk 'n video hieronder:
Die Polo het die bakkie getref en verbygejaag.
Die eienaar van die Uno en haar seun was in die winkel toe hulle motor getref is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'