Update
LADISMITH NUUS - Samuel Jansen van Ladismith is gister, Woensdag 18 Maart, in die Ladismith-streekshof gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan brandstigting en moord.
Die hof het gehoor dat Jansen op 7 September 2025 ’n informele woning in Bellstraat doelbewus aan die brand gesteek het, wat tot die dood van Eleanore Opperman en Julian van der Ross gelei het.
In sy uitspraak het landdros Daniel Boks beklemtoon dat die hof die plig het om reg te laat geskied en die publiek se vertroue in die regstelsel te handhaaf. Hy het gesê daar is geen versagtende omstandighede nie en dat Jansen bewus was dat sy optrede dodelike gevolge kon hê.
Vonnisse
Hy is tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis vir brandstigting, lewenslank vir die moord op Opperman en 20 jaar vir die moord op Van der Ross. Die vonnisse vir brandstigting en die tweede moordklag sal samelopend uitgedien word. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Die hof het verder aangedui dat Jansen minstens 25 jaar van sy vonnis moet uitdien voordat hy vir parool oorweeg kan word.
Vorige berig:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’