OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die 36-jarige Jacques Roman wat van moord op die 39-jarige Lesley-Ann Jullies aangekla word, is verlede week in die distrikshof vir verhoor na die streekhof oorgeplaas.
Jullies het in die vroeë oggendure van 2 Maart 2025 in The Godfather, ‘n kuierplek in Voortrekkerweg, Oudtshoorn, gesterf nadat die beskuldigde haar glo met ‘n glas gegooi en sy dood gebloei het.
Landdros Zuastrid Deyce het vroeër vanjaar borgtog aan Roman geweier.
Hy het nog twee hangende sake teen hom vir poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer en het na bewering ooggetuies gedreig om nie verklarings aan die polisie af te lê nie.
Die saak is vir pleit en verhoor tot 10 September uitgestel.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’