Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-streekhof is dringend op soek na ‘n getuie in die moordsaak teen André Solomons.
Die getuie, Roland James van die GG-kamp, Bongolethu het in 2017 by Johnson’s Bricks gewerk toe hy die verklaring afgelê het. Hy werk egter lankal nie meer daar nie en kan nie opgespoor word nie.
Volgens die staatsaanklaer, Nadia Arnolds, is James se getuienis baie belangrik en vra sy dat hy dringend met haar of die Oudtshoorn-polisie in aanraking kom.
Ao. Martin Le Roux is die ondersoekbeampte.
Enigiemand wat weet waar James hom bevind kan die polisie by 044 203 9126 skakel.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en die verhoor word op 10 Desember voortgesit.
• Solomons word daarvan aangekla dat hy sy saamleefmaat, Audrey Ntombozuku, in 2017 vermoor het. Sy is glo oor 'n paar dae verskeie kere met klippe en ander voorwerpe geslaan. Die bure probeer keer het, maar hy was te aggressief. Hy het haar later tot by die kanaal gesleep het en in die koue water gegooi. Sy het met haar kop teen 'n betonblok geval. Solomons, is dieselfde aand in hegtenis geneem.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’