OUDTSHOORN NUUS - Familie, vriende en gemeenskapslede het Woensdagmiddag, 11 Junie, 'n kranslegging vir wyle Marelize 'Barbie' Jumas in Blomnek gehou.
Lede van Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC) het soos gebruiklik die geleentheid gereël.
Jumas is Woensdag 4 Junie voor die kliniek in die nedersetting dood toe Jumas se kêrel en pa van haar dogtertjie, Jonathan van Schalkwyk, haar verskeie kere met 'n mes gesteek het.
Sy is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Volgens inligting het hulle 'n onstuimige verhouding gehad en was sy onderweg na Famsa vir berading toe die voorval gebeur het.
Leon Campher het tydens die krans-legging met die vroue van die gemeenskap gepraat en hulle aangemoedig om uit gewelddadige verhoudings te kom.
"'n Man wat sy hand vir 'n vrou lig is 'n lafaard. Hier sit ons met 'n moord wat voorkom kon word. Barbie het nie betyds die hulp gekry wat sy moes nie, hoewel sy besig was met die proses."
Na afloop van die amptelike verrigtinge is die kranslegging gedoen.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’