Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - 'n Man is 'n tydjie gelede gearresteer vir die moord vanmiddag, 4 Junie op Marelize Jumas (27) in Blomnek buite De Rust.
Die voorval het vanmiddag net voor 14:00 plaasgevind naby die kliniek in die nedersetting.
Die gemeenskap is erg geruk en kwaad oor dié sinnelose moord. In gesprek met die oorledene se broer, Kevin Jumas, noem hy dat hulle as 'n familie nou met 'n 5-jarige dogtertjie, Jasmine, sonder 'n ma sit.
'n Groot groep gemeenskapslede was vanmiddag op die toneel terwyl die polisie en forensiese dienste hul ondersoek begin het. Die wit laken wat haar liggaam bedek het was 'n stil getuienis van nog 'n lewe wat onnodig kortgeknip is.
Plaaslike polisie besig met hul ondersoek op die toneel. Foto: Louise Mouton
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’