OUDTSHOORN NUUS - Die jare lange bedrogsaak saak teen die Rabie-egpaar van Oudtshoorn, wat teregstaan op 37 aanklagte van bedrog is verlede week na die slotargumente van die staat vir die betooghoofde van die verdediging tot 18 Augustus uitgestel.
Die staat beweer dat Marthinus Rabie, 'n voormalige tegnikus in diens van die Wes-Kaapse departement van landbou by die Oudtshoorn-proefplaas, sy vrou, Johanna Rabie, se twee beslote korporasies, Attakwa en Gwaiing Ontwikkelings, tussen 2006 en 2008 bevoordeel het met die toekenning van tenders.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, vra die hof in sy betooghoofde van 182 bladsye, wat hy verlede week ingehandig het om die twee beskuldigdes, Marthinus en Johanna Rabie op 34 van die aanklagte van bedrog, alternatiewelik korrupsie, skuldig te bevind.
Miljoene rand is by die saak betrokke.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en die egpaar is op uit waarskuwing.
Vorige artikels:
- Egpaar begin getuig in bedrogsaak
- Bedrogsaak teen Rabie-egpaar duur voort
- Hofbevel vir beslaglegging op egpaar se bates
- Egpaar bedrogsaak duur voort
- Bedrogsaak teen egpaar uitgestel na 2017
- Egpaar weer in Junie voor hof
- Egpaar in hof: Bedrog van R2.8 miljoen
- Bedrogsaak van egpaar uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’