Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen sewe verdagtes van Rose Valley, Oudtshoorn, wat van die moord op die 19-jarige Anthony Wessels aangekla word, is in die Oudtshoorn-streekhof vir pleit en verhoor tot 13 Julie uitgestel.
Wessels is die aand van Saterdag 14 September 2022 glo voor sy ouerhuis in Rose Valley doodgesteek nadat hy ook met klippe bestook is.
Volgens die staat het Reagan Jaftha (22), Dayini Jacobs (22), Jayden Danster (20), Tyron Sederstroom (19), Genwin Ekstraal (29), Jason Jacobs (23) en Germaine Jacobs (18) met ’n gemeenskaplike doel opgetree.
Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord asook aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Streeklanddros Ntsoki Moni het die saak op versoek van al die partye tot 13 Julie uitgestel.
Lees vorige berigte hier:
- Jong man doodgesteek
- Borgtogaansoek teen sewe in Rose Valley-moord uitgestel
- Borgtogaansoek teen sewe in Rose Valley-moord
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’