Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen sewe verdagtes van Rosevalley in Oudtshoorn, wat van moord en aanranding om ernstig te beseer, aangekla word, is verlede Donderdag in die streekhof vir 'n voorverhoor-konferensie tot 19 Mei uitgestel.
Die 19-jarige Anthony Wessels is die aand van Saterdag 14 September 2024 voor sy ouerhuis in Rosevalley doodgesteek nadat hy glo ook met klippe gegooi is.
Oudtshoorn Courant het verlede jaar berig dat hy probeer het om sy jonger broer, Diego, wat deur 'n groep jong mans aangeval is, te help. Diego het om hulp geroep en Anthony het uitgestorm om hom te help.
Sy ma, Natasha Wessels, het gesê Tommie het homself teen 'n groep aanvallers probeer verdedig.
Die sewe verdagtes, Reagan Jaftha (21), Dayini Jacobs (21), Jayden Danster (19), Tyron Sederstroom (18), Genwin Ekstraal (28), Jason Jacobs (22) en Germaine Jacobs (18) is verlede jaar in die distrikshof elk borgtog van R500 toegestaan.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni.
Lees vorige berigte hier:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’