Advertorial
OUDTSHOORN SAKE NUUS - Toe twee kundiges in die konstruksiebedryf verlede jaar hulle kragte saamgesnoer het, was dit die begin van 'n suksesvolle jaar vir Klein Karoo Konstruksie (KK Konstruksie).
JL van der Westhuizen van Nutsman, met 16 jaar bou-ervaring en Cobus Diepraam van Jesco met 15 jaar ervaring in die boubedryf, het die twee ondernemings 'n jaar gelede as Klein Karoo Konstruksie saamgvoeg.
Die twee sakemanne het besluit om kragte saam te span om 'n meer doeltreffende en uitgebreide diens aan Oudtshoorn te lewer.
KK Konstruksie bou huise, doen aanbouing en restourasiewerk, maar onderneem ook kleiner kontrakte soos verf van huise, opgradering van badkamers, oordoen van badkamers, skoonmaak van geute asook die installasie van gasgeysers en gasstowe.
Volgens die twee vennote was een van die interessantste kontrakte tot dusver die projek van die KKNK verlede jaar om die geverfde klippe buite Oudtshoorn teen 'n heuwel te pak om die kleurvolle boodskap OUDTSHOORN KUNS WEN aan besoekers oor te dra..
"Ons moes 20 ton klippe vervoer, hulle in drie kleure verf, in Baron van Reedestraat aflaai sodat feesgangers boodskappe op hulle kon verf, en toe weer veld toe karwei en teen die heuwel buite Oudtshoorn uitpak," het JL verduidelik.
Met Cobus se uitgebreide kennis van gastoebehore gaan KK Konstruksie binne die volgende maand nog 'n faset tot die onderneming voeg.
"Ons is besig om 'n winkel met kamp- en gastoersuting by ons perseel in Parkweg in te rig," sê Cobus. Hy verduidelik dat daar 'n plek in die mark is vir 'n besigheid wat 'n uitgebreide diens ten opsigte van gas- en kamptoerusting bied. Die nuwe onderafdeling van KK Konstruksie sal volgens hulle beplanning teen die einde van Maart as Karoo Kamp en Gas sy deure oopmaak.
Die perseel is oorkant die weermagbasis by Parkweg 220 langs B&P Kafee geleë. " Karoo Kamp en gas sal Oudsthoorn voorsien van gas- en kamptoerusting en gasbottels kan hervul word. Mense is ook welkom om hulle tweedehandse kamptoerusting vir ons te bring om te verkoop. Om hulle eerste verjaarsdag as KK Konstruksie te vier bied hulle 16 liter gasgeysers teen slegs R2999,00 aan.
Vir enige navrae of kwotasies skakel JL by 072 608 7506 en Cobus by 083 280 6671.
Cobus en JL tydens die KKNK met 'n klip wat hulle geverf het as deel van die fees se kunsprojek.
'n Huis van KK Konstruksie bereik dakhoogte.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'