Sponsored Content
SAKENUUS - Klein Karoo Finansiële Dienste (KKFD) is trots om as wenner van die Best of Oudtshoorn-toekenning in die kategorie Financial Planning / Brokers aangewys te wees.
Hierdie besonderse erkenning is vir die span 'n bewys van die vertroue wat kliënte daagliks in hul diens en kundigheid stel.
"Ons opregte dank en waardering gaan aan elke lojale kliënt wat vir ons gestem het. Julle ondersteuning en vertroue maak hierdie prestasie moontlik," sê die span van KKFD.
As 'n filiaal van die Klein Karoo Groep bied KKFD 'n omvattende reeks korttermynversekeringsoplossings, waaronder persoonlike, kommersiële, oes- en landbouversekering.
Die span verstaan dat elke kliënt unieke behoeftes het en fokus daarom daarop om oplossings te bied wat werklik by elke individu of onderneming pas.
Vir KKFD gaan korttermynversekering oor veel meer as net polisse. Dit gaan oor die bou van langtermynverhoudings, eerlike en professionele advies, en betroubare diens wanneer dit die nodigste is.
Die onderneming bou vertroue deur persoonlike aandag en toegewyde ondersteuning waarop ons kliënte met sekerheid kan staatmaak.
Die Best of Oudtshoorn-toekenning dien as verdere motivering om voort te bou op die hoë diensstandaarde waarvoor KKFD bekend is en om steeds die beste moontlike oplossings aan die Oudtshoorn-gemeenskap te bied.
Bestaande en voornemende kliënte is welkom om Klein Karoo Finansiële Dienste by die Klein Karoo Groep se hoofgebou in Parkweg 145, Oudtshoorn, te besoek, of vir Laurika van Rensburg by 044 203 5100 of 076 242 3427 te kontak vir professionele advies en persoonlike diens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’