Sponsored Content
SAKENUUS - Vir Giovanni Bouwer, eienaar van Karootuin Kwekery, was plante nog altyd meer as net 'n stokperdjie - dit is 'n lewenslange passie.
Die geleentheid om die kwekery oor te neem, was 'n droom wat waar geword het.
Vandag is Karootuin Kwekery 'n gewilde bestemming vir tuinliefhebbers in Oudtshoorn en omliggende gebiede. Volgens Giovanni is dit die jong, energieke span wat die kwekery besonders maak.
"Ons het soos 'n familie geword, en dit is daardie warmte en toewyding wat klante ervaar wanneer hulle ons besoek."
Die span se fokus is om uitstekende kliëntediens te lewer en altyd vriendelik en behulpsaam te wees.
Karootuin bied 'n groot verskeidenheid vars, gesonde plante van topgehalte teen mededingende pryse.
Klante van regoor Suid-Afrika besoek die kwekery en komplimenteer die span gereeld oor die gehalte, verskeidenheid en diens.
Dat Karootuin Kwekery vir die derde agtereenvolgende jaar as Best of Oudtshoorn-wenner aangewys is, is vir Giovanni en sy span 'n groot eer.
Hulle bedank elke klant wat hulle ondersteun en vir hulle gestem het, asook Klein Karoo Agri vir die beskikbaarstelling van die perseel.
Die span sien daarna uit om die gemeenskap steeds met gehalte plante, kundige advies en vriendelike diens te bedien. Besoek gerus Karootuin Kwekery en laat hulle jou help om jou tuin te verfraai.
Hier is 'n paar aanlynmenings van kliënte:
Anke Wiese: "Outstanding service and so cheerful, I always enjoy the company as well as the good care of all the plants."
Lindell Lindholm: "Most helpful and friendly people ever."
Theresa Rossouw Mathee: "Baie goeie en vriendelike diens!!! Stap die ekstra myl vir hul kliënte!!!"
Surika Basson: "Baie goeie en vriendelike diens en 'n groot verskeidenheid om van te kies."
Nishat West: "They're amazing. Super helpful staff, in person and also virtually. You can buy different varieties of plants without breaking the bank."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’