Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Die bevrediging wat ek elke dag in my werk ervaar is prysloos. So sê Crystela Sewcharan, National Auto Glass se nuutste toevoeging tot hul dinamiese span. Chrystal, wat vier maande gelede aangestel is, sê dat sy baie dankbaar is dat vroue deesdae erken word omdat daar vir jare teen hulle gediskrimineer is.
Sy vertel trots dat sy omtrent alles kan doen wat normaalweg van 'n man verwag word in haar werkplek.
"Die dae is verby dat mense frons as hulle sien 'n vrou sny byvoorbeeld glas of pas self vensterrame. Die toekoms is voorwaar blink vir vroue omdat die speelveld uiteindelik gelyk is."
Volgens Natasha Raubenheimer wat al drie jaar by National Auto Glass werksaam is, was sy baie bly toe Chrystela by hulle span aangesluit het. "Vir jare was ek al hen onder die hane," skerts sy.
Sy sê dat vroue se vermoë om meer as een ding op ’n slag te doen groot waarde in enige besigheid kan toevoeg. "Die spangees wat daagliks heers in ons span verruil ek vir niks."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'