Du Preez het die winkel op 26 Oktober oorgeneem en vertel dat sy en haar span opgewonde is oor wat die toekoms inhou. Daar kan steeds uitgesien word na die heerlikste pizzas en pastas op die dorp.
Kliënte sal beslis ook tou staan vir hul heerlike Volstruis- of Cheesy Snail Pizza's. Die spyskaart bied `n heerlike verskeidenheid nadat dit uitgebrei is om disse soos slaaie asook kerrie-en-rys in te sluit.
Lugtyd kan ook binnekort aanskaf word, `n bewys dat daar gekyk word na die behoeftes van hul kliënte. Daar is ook gratis aflewerings vir bestellings van R50 en meer en besigheidsure is Maandae tot Saterdae van 10:00 tot 21:00.
`n Heerlike spyskaart tesame met puik diens beteken dat Cango Woodfired Pizza & Take Aways hope ondersteuning kan verwag.

Die span van Cango Woodfired Pizza & Take Aways belowe flink diens en smullekker pizzas.