Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Boshoff Boumateriaal, 'n bekende naam in die boumateriaalbedryf in Oudtshoorn, vier vanjaar hul 27ste verjaarsdag. Die besigheid, wat in Augustus 1997 deur Herman Boshoff gestig is, het deur die jare van krag tot krag gegroei.
Aanvanklik was hulle in Dassieweg gevestig, maar in 1998 het hulle na hul huidige perseel by Jonesstraat 40 verskuif, waar hulle steeds vandag klante van regoor die streek bedien.
Herman Boshoff se visie en harde werk het die besigheid vinnig laat groei, en sy seun, Quintin Boshoff, het in 2019 die maatskappy oorgekoop na jare van saamwerk met sy pa.
Onder Quintin se leiding het Boshoff Boumateriaal sy produkreeks verder uitgebrei en spesialiseer hulle nou in die verkoop van beide nuwe en tweedehandse boumateriaal en gereedskap.
Van die produkte wat hulle aanbied, sluit in plate, balke, planke, deure en vensterrame - byna enigiets wat 'n klant vir bouwerk mag benodig. Boonop vervaardig hulle ook op kleinskaal items soos hondehokke, boekrakke en kassies, wat 'n bewys is van hul vaardigheid en veelsydigheid is.
Nog 'n trekpleister vir plaaslike klante is dat alle aflewerings binne Oudtshoorn gratis is, wat bydra tot die bekostigbaarheid en gerief wat Boshoff Boumateriaal aan hul lojale klante bied. Die maatskappy het oor die jare 'n goeie reputasie opgebou vir hul betroubare diens en gehalte produkte.
Met 27 jaar se ondervinding in die bedryf, is Boshoff Boumateriaal steeds 'n pilaar van die gemeenskap, en hulle sien uit na nog vele suksesvolle jare in die toekoms.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’