Advertorial
OUDTSHOORN NUUS - Bou en konstruksie is reeds die afgelope 20 jaar Evert Smith se passie. As diens 'n passie is, is dit te wagte dat kliënte weer-en-weer sal terugkom om van Evert Smith Konstruksie se dienste gebruik te maak.
Evert Smith Konstruksie is sedert 2007 in Rademeyerstraat 8 geleë nadat Smith in Augustus 1997 van sy huis af begin het met bou- en konstruksiewerk.
Vandag spog Evert Smith Konstruksie met van die beste geboue wat in Oudtshoorn en omgewing opgerig is.
Hy en sy span het ook al uitdagende projekte soos brûe, betondamme en store met groot sukses aangepak en voltooi.
In 2008 het hy as aanvulling tot sy dienste Karoo Geute tot stand gebring vir die installasie van naatlose en duursame aluminium geute.
Dit is vir Smith ook belangrik dat sy werknemers gedurig indiensopleiding ontvang om slegs die beste diens te lewer.
Evert Smith Konstruksie spog nie net met huise van hoogstaande gehalte nie, maar het met ook met groot sukses bouwerk gedoen by onder andere Riempie Estate, Riempie Village, Riempie Uitsig, Oewerpalms, Oewersig, Caves-aftreeoord en verskeie ander veiligheidskomplekse en oorde.
Evert Smith Konstruksie ondersteun so ver moontlik plaaslike verskaffers.
Vir meer inligting oor hul diens of 'n kwotasie, kontak gerus die kantoor by 044 272 5039 of vir Evert Smith persoonlik by 082 890 1452.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'