Thursday 05:17
few clouds
Tomorrow:
overcast clouds 19°
Oudtshoorn
'n Adjudant-offisier van Dysselsdorp is in die sop nadat hy verlede week met 'n polisievangwa 'n ongeluk in Calitzdorp gemaak het.'n Video, wat deur twee onbekende persone gemaak is, doen die ronde op sosiale media. Die persone het etlike kilometers agter die voertuig aangery waarin hulle beweer dat die bestuurder van die voertuig onder die invloed van drank bestuur het. In die video kan gesien word hoe die voertuig heen en weer oor die pad ry en telkens byna 'n ongeluk veroorsaak."Die man gaan nou die van omgooi," was die reaksie van een van die persone op die video.Die beampte het net na hy in Calitzdorp ingery het, teen 'n woning se muur vasgery.Lede van die publiek het glo die polisie in Calitzdorp in kennis gestel.Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, word kriminele klagtes van roekelose en nalatige bestuur, asook die gebruik van 'n voertuig sonder toestemming ondersoek. Spies het bevestig dat die polisievoertuig op Maandag 9 Desember omstreeks 19:00 teen 'n muur op die hoek van Voortrekker- en Van Rensburgstraat, Calitzdorp, gebots het."Voorlopige verslae, dui daarop dat die polisie deur 'n lid van die publiek oor die ongeluk in kennis gestel is. Met hul aankoms het hulle die voertuig en die slagoffer, 'n polisiebeampte wat nie aan diens was nie, gevind wat reeds in 'n ambulans geklim het om na die hospitaal geneem te word.
Oudtshoorn Courant proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Oudtshoorn Courant