MOSSELBAAI NUUS - Daar is opwindende nuus vir musiekliefhebbers van Mosselbaai tot Bloemfontein.
Petronel Baard en Jannie Moolman gaan op toer, en speel op Vrydag, 13 Junie, tydens hulle Wat die hart van vol is-konsert op Mosselbaai.
Dit is ook die naam van hulle toer, wat Franco Engelbrecht op klavier insluit.
Die Mosselbaai-vertoning vind om 19:00 plaas by die OH HEY-kafee en -bakkery, Marshstraat 25. Kaartjies sluit sop en varsgebakte brood in.
Daar is verder lekker soetgebak en koffie vir nagereg te koop, asook ’n kontantkroeg.
Besprekings by Heloïse, by 067 009 7050, is noodsaaklik.
Petronel vra: “Kom sê asseblief vir ons bon voyage voor ons op ons toer vertrek en versprei groot asseblief ver en wyd die woord dat ons op pad is.”
Die toer is soos volg (besprekings by die telefoonnommers hier onder noodsaaklik):
• Willowmore, Woensdag, 18 Junie, NG Kerk - Susan Nolte by 082 448 8166
• Graaff-Reinet, Donderdag, 19 Junie, Rupert-teater - Toerisme by 049 892 4248
• Burgersdorp, Vrydag, 20 Junie, KREATIEF - Pieter by 072 390 9019
• Fauresmith, Saterdag, 21 Junie, Karoohuis-teater - Lizzy by 071 603 7258
• Bloemfontein, Sondag, 22 Junie, oor middagete, ’n spesiale vertoning, Die Aasvoël-klub - Hein by 084 559 8991.
Franco Engelbrecht
Petronel Baard
Jannie Moolman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’