OUDTSHOORN NUUS - Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die hoitie-toitie-skeeloog-anties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe.
Weg met die oorgenuansieerde suutjiespoep-polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede.
Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos 'n bok wat afdraend kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoortfoto?
Dan is dit tyd om 'n kaartjie vir hulle te koop na die 'Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe'-verhoogstuk by die KKNK in Oudtshoorn.
Wees gewaarsku: Jy moet lag dat die trane rol, anders spuit hulle jou met Doom.
Wanneer
Hoërskool Oudtshoorn - kykNET venue op 29 Maart om14:00, 30 Maart om 18:00, 31 Maart om 09:30 en 1 April om 14:00.
Besprekings: Computicket.
Die 24ste KKNK vind vanjaar van 29 Maart tot 4 April op Oudtshoorn plaas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'