Opvolg: Oudtshoorn-drinkwater

Reeds omstreeks 06:00 vanoggend is 25 920 liter water in 5 liter kanne voor Checkers afgelaai.

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Met Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, wat vanoggend (19 April) ‘n vergadering met uitsluitlik die media geroep het om die Oudtshoorn waterkrisis te bespreek, is vragte vol water besig om by winkels in die dorp afgelaai te word.
 
By watertap-uitlaatpunte staan mense in lang rye met leë houers vol hoop dat daar skoon water gaan wees. Reeds omstreeks 06:00 vanoggend is 25 920 liter water in 5 liter kanne voor Checkers afgelaai.
 
Na die registrasieproses van die water binne die winkel, sal hierdie water binne ses ure uitverkoop wees. Nog twee vragte is onderweg na Checkers en een na Shoprite.
 
Die water is afkomstig van Tsitsikama en Humansdorp. By ‘n waterskaffer het mense vroeg vanoggend tougestaan en teen kwart oor agt was hulle watervoorraad reeds uitverkoop.
 
Oudtshoorn se water het na die naweek van 7 tot 9 April se reënval bruin verkleur. In die media se uitnodiging na vanoggend se mediakonferensie (waarop joernaliste reeds bywoning moes bevestig het), word die watersituasie as ‘n krisis beskryf.
 
Klik hier vir vorige artikels:
Meer inligting volg soos dit bekend word.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant