OUDTSHOORN NUUS - Drie swemmers van die plaaslike Freda Barnard-swemskool het verskeie toekennings by die afgelope gala-prysuitdeling van Eden/SWD-swem ontvang.
Anlize Vermeulen ontvang die toekenning as die beste vlak drie swemmer. Sy is ook vereer vir haar beste tyd in die 200 vryslag en is opgeneem in die SWD-span.
Jada Coetzee ontvang toekennings vir die beste tyd vir dogters o.10 in 50 m, 100 m en 200 m vryslag, beste tyd in 50 m, 100 m en 200 m borsslag, sowel as die uitvoerende trofee vir die meeste punte behaal vir juniors in die seisoen. Jada is ook opgeneem in die SWD-swemspan sowel as die Wes-Kaapse skolespan.
Kari Griffioen ontvang die toekenning vir die beste tyd in die 50 m en 100 m borsslag vir dogters o.8.
Al drie swemmers is opgeneem in die SWD-tweekampspan, wat deelgeneem het aan die SA tweekampkampioenskap in Paarl.
Hul afrigter, Delia Biljohn, het die swemmers geloof het vir hul harde werk en opoffering. Sy noem dat die klub se doelwit met die komende seisoen sal wees om die sport te ontwikkel en nog meer swemmers op kompetisievlak te laat meeding.
Bekroonde swemmers van die Freda Barnard-swemskool is van links: Anlize Vermeulen, Jada Coetzee en Karie Griffion, By hulle staan hul afrigter, Delia Biljohn.
"Die swemskool wil ook waterveiligheid bevorder en wil graag nuwe swemmers aanmoedig om by die klub aan te sluit. Biljohn kan geskakel word by 082 458 7427 vir meer besonderhede.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'