OUDTSHOORN NUUS - Tameré Stewart (o.16) en Fourie Delport (o.14) van Langenhoven Gimnasium het die afgelope naweek by die Tecnifibre Eden Mini-5 tennistoernooi in George in die enkels met die eerste pryse weggestap.
Stewart het ook in die dubbels geseëvier terwyl Delport en sy maat as naaswenners in die dubbels uit die stryd getree het.
Christiaan Marinkowitz was die naaswenner vir seuns o. 12 (goue afdeling), terwyl Leané Janse van Rensburg (o. 10) die tweede plek behaal het in die enkelspelafdeling.
Stewart, Delport, Marinkowitz en Janse van Rensburg word almal deur Pieter van der Walt van Totally Tennis afgerig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’