OUDTSHOORN NUUS - Jacques de Beer is tydens die algemene jaarvergadering van die Wesbank-tennisklub onbestrede tot nuwe voorsitter van die klub verkies.
Cobus Diepraam is die nuwe ondervoorsitter, Cilliers Petzer die wedstrydsekretaris en Josy Coumans die tesourier.
Die bykomende lede is Rehnear van Coller, Hanle Kok en Mari Snygans.
Die uittredende voorsitter, Louis Uys, het die nuwe bestuur sterkte toegewens en sy dank uitgespreek teenoor die bestuur van die afgelope drie jaar.
Belangstellendes wat by die klub wil aansluit kan die voorsitter by 082 897 8262 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’