OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Twee leerders van Laerskool Wesbank, Adrian van der Merwe en Roy Viljoen, het verlede Vrydagaand hul o.13 SWD-rugbykleure by die Oudtshoorn Inn ontvang.
Hierdie span het vanaf 17 tot 19 Junie aan die provinsiale B-span rugbytoernooi in Port Elizabeth deelgeneem.
Sowat 150 gaste het dié spoggerige seremonie bygewoon. Volcano (verskaffers van sportdrag) het die span geborg met broekies, rugbytruie en sportuitrusting.
Granville Josephs, voorsitter van SA skolerugby, het in sy toespraak die span daarop gewys dat hulle een van die top-rugbyspanne in hul ouderdomsgroepe is en dus nie geïntimideerd moet voel deur die teenwoordigheid van tradisionele sterk rugbystreke nie.
Van links is JP Schoeman (Volcano), Jacques Meyer (afrigter), Adrian van der Merwe (Laerskool Wesbank), Karlien Klaassen ( SWD junior visepresident), Roy Viljoen (Laerskool Wesbank, Granville Josephs (voorsitter SA skolerugby) en Martin Davids (SWD-bestuur). Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'