OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Die SWD-rugbyunie het, as deel van sy klubondersteuningsprogram, basiese toerusting aan klubs in die Suid-Kaap geskenk met die oog op hul deelname aan vanjaar se onderskeie klubkompetisies.
"Om deesdae rugby te beoefen kos geld en ons besef dat klubs met 'n tekort aan toerusting gaan sukkel om die spel te bevorder.
"Die minste wat 'n klub kan doen is om die basiese gereedskap te hê ten einde hul spelers beter te slyp.
"Hopelik is hierdié net wat nodig is om klubspelers 'n hupstoot te gee voor die aanvang van 'n uitdagende seisoen," het die president van SWD-rugby, Hennie Baartman, by die oorhandigingsgeleentheid by Outeniquapark aan die verteenwoordigers van die rugbyklubs gesê.
Hier is van die klubverteenwoordigers by Hennie Baartman, president van die SWD-rugbyunie (derde van links).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'