OUDTSHOORN NUUS - Kalbas Nell, voormalige o. 20 Curriebekerafrigter, het onlangs 'n suksesvolle rugbykliniek vir kinders by die Six Gunn Grill Rekreasie-sportterrein aangebied.
Nell is bygestaan deur André Venter (Oudtshoorn-rugbyklub se hoofafrigter en Hoërskool Oudtshoorn eerste span hulpafrigter) en SWD Arende-speler, Jaco Terblanche.
Die rugbykliniek is gratis aangebied en is goed deur die dorp se laerskoolleerders bygewoon.
Die kliniek is begin met opwarmingsoefeninge wat behartig is deur plaaslike fisioterapeut, Carien Loubser.
Volgens Nell is aspekte soos balhantering, spel by afbreekpunte, hoe om die bal te beskerm en tegnieke om spasie in kontak te gebruik, bespreek.
Oudtshoorn-rugbyklub se Old Boys-rugbyspan, netbal en hokkiespanne, sal op 24 September tydens die Grootvoël-boeremusiekfees by Hoërskool Oudtshoorn, in aksie wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'