OUDTSHOORN RUGBY-NUUS - Adias het die afgelope naweek Glenroses van Avontuur in 'n reuse-oorwinning van 101-3 geklop.
Die oorwinning teen Glenroses het Adias se plek bo-aan die SWD-Karoostreek se punteleer verseker en gesorg vir tuishalfeindstryd op 18 Augustus.
Die afrigter van Adias, Lionel Prinsloo, sê sy span het 'n uitmuntende 15 drieë in die wedstryd gedruk.
Die spelers het eers twintig minute in die wedstryd wakker geskrik, maar daarna het hulle die krane oopgedraai en was hulle teen halftyd 52-0 voor.
"Daar lê nog baie werk vir die volgende wedstryd voor, maar as span speel hulle uitstekend saam. Daar is nog net 'n paar plekkies waaraan ons moet skaaf."
Fernandus Prinsloo, Bradwill Gericke, Jaco Swart, Charlton Prinsloo Bradley Arries, Evan Scholtz, Henrico Bezuidenhout, Undechan Pypers en Henrico Prinsloo het elk een drie gedruk. Francois Gelderbloem het vier drieë gedruk en Piet Dondas twee. Charlton het sewe drieë verdoel, Fernandus het drie verdoel en Swart het een drie verdoel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'