OUDTSHOORN NUUS - Dysselsdorp Rangers en Red Mountains was die afgelope naweek die wenners van die SWD Karoostreek-sewesrugbytoernooi wat by die Oudtshoorn gevangenis-sportterrein plaasgevind het.
Rangers het Beaufort-Wes met 14 - 10 in die finale van die klubafdeling geklop met Red Mountains wat met 10 - 5 baas was in die landelike-afdeling teen Kruisrivier.
Die SWD Karoostreekliga begin amptelik oor twee weke.
Dysselsdorp Rangers vier hul oorwinning. Foto: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'