OUDTSHOORN NUUS - Harlequins se A-span het die afgelope naweek by die Infanterieskool in 'n SWD eersteligawedstryd vir Superstars van Hoekwil met 81-5 afgeslag. Die halftydtelling was 36-5.
Gertwhin Jonathan (senter), Jaylen Pretorious (heelagter) en Denzil Masete (haker) was die span se groot uitblinkers. Harlequins se volgende wedstryd is eerskomende naweek weg teen Uniondale.
Harlequins se vrouespan het ook die naweek in 'n vriendskaplike wedstryd met 33-12 teen Titans Academy van Knysna verloor.
Enige vrouespeler wat by die klub wil aansluit kan Irvin van Wyk by 081 575 6887 skakel.
Vroue-rugbyspelers van Harlequins en Titans Academy in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'