RUGBYNUUS - Die SWD-rugbyunie se Superliga-kampioen sal op Outeniquapark bepaal word tussen Evergreens en Heidelberg.
Albei spanne het deurgedring ná twee taai halfeindstryde Saterdag 20 September op hul onderskeie tuisvelde.
Heidelberg het Progress van George met 45 - 42 geklop terwyl Evergreens Bridgton van Oudtshoorn in 'n naelbytstryd met 35 - 31 geklop het.
Bridgton het tot reg aan die einde met 31 - 27 voorgeloop.
Evergreens het egter koelkop gebly en die skerpste pyl in sy koker - sy swaar pak voorspelers - ingespan om in die doodsnikke oor die doellyn te stoomroller vir die wenpunte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’